Vr 10 Feb. 2012
Het gister ‘n baie mooi 4-uur lange stap rondom die Kaikoura-skiereiland gedoen. Die see hier is baie meer soos in die Kaap, maar met ander rotse. Robbe en als. Wou in die see swem, maar dit was te koud teen die tyd dat ons daarby uitgekom het. Dis koud genoeg vir pantoffels saans hier op die Suid Eiland.
Het vandag laat geslaap en dit het gereën die heeldag. Het toe die twee rolbalklubs in Kaikoura besoek en het ‘n vriendelike man by die een uitgevra. Lidmaatskap is goedkoop, veral vir beginners. Hierdie naweek het hulle ‘n groot toernooi, maar ons vertrek weer more, so ons kan nie gaan kyk nie.
Het ook die waterval by Ohau besoek. Jong robbe swem van die see af in die rivier op sekere tye van die jaar tot by die waterval. ‘n Klein stappie by Okiri-strand was mooi, maar die verkeer het geraas. Ons stap net te stadig om ver genoeg van die snelweeë af te kom! Toe wou K huis toe kom, tee drink en haar spesiale koekies eet. Hier is nogal baie glutenvrye en vegetariese produkte, maar ek het nog niks gekry wat by Fry’s se smaak of tekstuur kan kers vashou nie.


nou maar, dan moet jy Fry’s invoer NS toe!
Iemand doen dit al klaar, maar dit kos dubbel wat dit in SA kos. Sal bekostigbaar wees wanneer ek dollar begin verdien.
Ahhhh, was beginning to wonder if Karin was going to get a look in.